Jy is hier >   Oorde > Oos-Kaap > Oyster Bay Oord
Register   |  Teken aan

Oyster Bay Oord

 
StarStarStarStarStar



Aanskou Oyster Bay Oord in 'n groter kaart

TEL: 042 297 0084
SEL: 072 419 6683

E-POS: info@oysterbaygetaway.co.za
URL: www.oysterbaygetaway.co.za
GPS: S34 10.210 E24 39.298

 

Oesterbaai Oord. Ons heet jou welkom by ons idilliese strand wegkruipplek. Kom ontspan, raak ontslae van al die spanning by een van Suid Afrika se mooiste kusstreke en net ‘n paar minute se loop van die strand.

 

HOE KOM JY DAAR:
Volg die N2 tot by Humansdorp . Ry reg deur Humansdorp se Hoofstraat, oor vier 4-rigting stopstrate tot by ‘n T-aansluiting by Parkstraat. Draai regs en volg die pad vir ongeveer 900m tot by die Oesterbaai Oord aanwysigingsbord. Draai links op ‘n gruispad en volg die pad vir 23km tot by Oesterbaai. 1km voor Oesterbaai is daar ‘n afdraai na links wat direk in die dorp inry. Ry reguit aan in Oesterweg verby die winkel, af by ‘n steil afdraande en neem die eerste afdraai links by die onderkant van die afdraande in Kabeljoustraat. Ry reguit aan verby ‘n stopstraat tot by die oord aan die linkerkant.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (klik op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
Ons 44 grasbedekte staanplekke is elk toegerus met elektrisiteit, lopende water en vullisverwydering fasaliteite, Daar is 4 aparte en netjiese ablusie-geriewe, wassery en ‘n toegeruste gemeenskaplike kombuis. ‘n Unieke glanspunt by ons oord is ons 4 luukse staanplekke elk met sy eie badkamer (stort, wasbak, toilet en opwas geriewe). Daar is ook 5 hout chalets met pragtige uitsigte oor die see. Hierdie pragtige staanplekke is ongelooflik gewild, so bespreek betyds om teleurgestelling te voorkom.

 

AKTIWITEITE:
Onderneem ‘n stap of 4x4 roete in die Baviaanskloof Erfenisgebied en geniet die uitsonderlike natuurskoon en groot verskeidenheid fynbos. Die Baviaanskloof spog met ‘n wye reeks voëlspesies en voëlkykers kan na hartelus verkennings werk doen. Die Tsitsikama Nasionale Park, Stormrivier en Addo Olifant Nasionale Park is net ‘n klipgooi van ons afgeleë. Neem perdritte op ons mooi strand of geniet ‘n skemerkelkie met asemrowende sonsondergange.

 

VIR KINDERS:
Swembad met “volleyball”, trampoline, klimrame, swaaie en sandput.

 

TARIEWE:
 

Staanplek
Aantal persone
Addisionele persoon
Addisionele voertuig
 
2
3
4
5
6
 
 
Standaard
 
 
 
 
 
 
 
In seisoen
R340
R420
R480
R545
R600
R70
R50
Buite seisoen
R210
R250
R280
R340
R400
R50
R30
Luukse
 
 
 
 
 
 
 
In seisoen
R410
R500
R560
R640
R680
R70
R50
Buite seisoen
R250
R280
R330
R380
R410
R50
R30

 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.
 
  KOM PLUK JOU OESTER!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum