Jy is hier >   Oorde > Limpopo > Bosfontein Karavaanpark
Register   |  Teken aan

Bosfontein Karavaanpark

 
 



Aanskou Bosfontein Karavaanpark in 'n groter kaart

TEL: 083 741 9097
E-POS: info@bosfontein.co.za
URL: www.bosfontein.co.za
GPS: S24 49.598 E028 23.764

Die 20ha karavaanpark is tussen Bela-Bela (Warmbad) en Modimolle (Nylstroom) geleë. Een van die twee natuurlike fonteine in die Tweefontein area, ontstaan by die karavaanpark. Duiker, bosbok, eekhorings en nagappies is ook vriendelike inwoners by die karavaanpark.

 

HOE KOM JY DAAR:
Vanaf Johannesburg ry op die N1 na Polokwane en neem die Settlers afdraai. Ry 2km tot by die T-aansluiting en draai regs na Bela-Bela. In Bela-Bela draai regs by die eerste robot. Ry in die rigting van Modimolle en draai regs in Eersbewoonstraat, ry ± 6.3km aan. Draai regs by ons aanwysigingsbord en ry 800m tot by ons hek.

 
Gebruik ook ons Google kaart op hierdie bladsy om 'n padkaart van jou huis tot by die oord te kry (kliek op ons karavaantjie)!

 

KAMPERING:
48 Grasgroen koelte-staanplekke elk met sy eie krag- en waterpunt. Ons ablusie is uiters skoon en die dames ablusie het ‘n baba badkamer. Ons beskik ook oor ‘n Porta Potty spoelbak.

 

AKTIWITEITE:
Bosfontein bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite. Ons bosveld plantegroei huisves nie net ‘n groot verskeidenheid voëlspesies nie, maar jy sal ook bosbokke, eekhoringtjies of duiker raak loop op ‘n uitstappie. Die nagapie se roep is maar een van ’n paar van die naggeluide wat jy sal hoor onder ons sterrehemel. Ontspan in ons onderdak swembad, of vang ‘n vis (vang en laat los). Besoek ook een van die talle wildreservate in die Bela-Bela omgewing.

 

VIR KINDERS:
Klimraam, trampolien, putt-putt baan, tafeltennis en ‘n TV kamer met ‘n groot skerm.

 

TARIEWE:
 

Staanplek
Buite seisoen
In seisoen
Skool vakansies
Lang naweke
4 x persone per staanplek ingesluit by prys
 
R280 per
nag
 
R450 per nag
 
R300 per
nag
 
R380 per
nag
Maks. 1 ekstra tent per staanplek
 
 
 
 
Maks. 6 persone per staanplek
 
 
 
 
Ekstra persoon ongeag ouderdom
 
R80
 
R80
 
R80
 
R80

Spesiale aanbod: 1 Week per maand 'n weeksdag aanbieding - R500 vir die week vir 2 persone
Datums: 8-13 Mei, 5-10 Jun, 24-29 Jul, 21-26 Aug, 11-16 Sep, 23-28 Okt, 13-18 Nov
 
Kontak gerus die karavaanpark by bogenoemde kontak nommers om verdere tariewe te kry.

 

  KOM LUISTER NA ONS NAGAPIES!

Fasiliteite:

Lekker goed Kontak ons hier
Gesels forum